Die ketel het nou-net klaar gekook en die Boeretroos trek! Ek, Andre van Deventer, Daantjie Kotze, Fritz Shoultz, Henning de Lange, Pellie Brink en Sebastiaan Nieuwoudt (my oudste seun) het pas 'n nuwe Boeremusiekalbum opgeneem in die "lockdown". Ons het dit oor die internet met behulp van ons fone gedoen en die eindresultaat is ongelooflik goed. Die naam van die album is "Boeretroos" en julle kan dit kry in die musiekafdeling. Moenie hierdie een mis nie! Dit is beslis 'n baanbrekersalbum!!!