Op die oomblik is ek besig met 'n baie spesiale Geestelike album waaroor ek baie opgewonde is... Dit is nogal bedrywig en neem baie tyd in beslag! Voorts is dit ook saad wat gesaai word en op die oomblik net uitgawes is...dis ongelooflik hoe duur die opneemproses is. Ek is baie opgewonde oor die eindprodukte en kan nie wag om dit klaar te maak nie. As julle dalk voel om 'n bydrae te maak om te help om die projekte te finansier, kliek gerus op die "Donasies" skakel en gooi daar ietsie in die mandjie! Elke bietjie help om die oondjie se vuur aan die gang te hou vir die bakkery!