Plaaswinkel
Die
vrygekoop
Vars uit die oond
Ons is hard besig om ons "Kuierkombuis" gereed te kry vir ons beplande produksies. Ons beplan om vyf produksies per maand te doen wat sal insluit:
1. Jakkalsdraai se Mense:
'n Lekker-lag-stories-en-musiek program uit Jakkalsdraai se kombuis met hier en daar 'n ietsie uit die swartstoof en 'n gedagte om aan te kou...
2. Oppi Ouland:
Hier gesels ek met julle oor my ervaring op die plaas en die natuur en hoe ons Here ons waardevolle lesse uit die landbou leer. Ek deel met julle interessante landbou feite en en inligting en hoe Abba Vader dit in my lewe gebruik om my lewenswaarhede te leer en Sy hand in alles te sien...
3. Vrygekoop Lofprysing en aanbidding:
Vrygekoop musiekbediening lei 'n lofprysing en aanbiddings geleentheid waar ons saam met julle ons Hemelse Vader vereer, Sy naam verheerlik en Hom aanbid deur ons musiek.
4. Toentertyd:
Ek en Mossie (Hendrik Mostert) kuier saam met julle met heerlike musiek onder andere uit die 80's en deel staaltjies rondom die musiek. Hierdie is 'n lekker ontspanne "trip down memory lane" en iets om na uit te sien. Skop jou skoene uit, sit agteroor en geniet die musiek saam met ons!
5. So speel die Boere:
Lekker, egte Boeremusiek wat jou voete laat jeuk! Ons orkes (Brian Nieuwoudt se Karoo Boere-orkes) speel vir julle lekker Boeremusiek en van tyd tot tyd kom loer daar 'n gas- musiekant of orkes in vir 'n lekker saamspeel!
Hierdie is opwindende tye en ons sien uit daarna om saam met julle te kuier. Die uitsendings sal net toeganklik wees vir lede van die Kuierkombuis en sal eksklusief op die webblad aangebied word. Om deel te word van hierdie lekker kuier, kontak ons gerus!