Shopping Cart (0)

"My career started in the strangest of ways. Although at school my teachers praised me and encouraged me to focus on art, I never showed any interest in any form of art except for music.

 

This continued al through my life - I studied Theology at the University of Stellenbosch, worked abroad in the agricultural field and later returned to South Africa to start a career in Agriculture. In the meantime I continued playing music as a hobby.

 

In 2002 my eldest son was born and in 2005 my youngest. This changed my life completely! I enjoyed spending time with them and telling them bedtime stories. I created my own pirate stories and they enjoyed every minute of it. I then decided to write down the stories and ended up writing a children's book. I then needed someone to do the illustrations for the book. The quotes I received were way more than I could afford, so one day I bought a "Beginner's Scetchbook" and started practicing drawing faces, hands, feet, etc. Two months later I had all the scetches I needed and completed the book.  During this time I needed new pencils and went to an art shop in Langebaan where we lived at that stage. The lady invited me to attend an art class presented by Jannie Jordaan and the next week I did my first oil painting!

 

I did not follow up on this however and continued with my career. In 2009 we moved to Oudtshoorn in the Klein Karoo. I have always been plagued by asthma and in 2011 I went to a doctor in George which advised me to start painting again as he was convinced that it will help me get rid of the asthma.

 

I then attended a course by Dale Elliott in Villiersdorp and he opened up a new world for me as far as fine art is concerned!

 

Since then I have completed quite a few paintings and commisions and took part in several exhibitions.

 

I enjoy working with acryllic and oil medium. I enjoy painting West Coast scenes, seascapes, landscapes, music scenes, still lifes etc. I actually love painting any scene that is special to me.

 

I invite you to join me and experience life through my eyes!"

 

" My kunsloopbaan het op die eienaardigste manier begin. Alhoewel die kunsonderwysers op skool gedink het ek het baie talent en my aangespoor het om op kuns te fokus, het ek nooit daarin belanggestel nie - behalwe musiek natuurlik!

 

 

 

Dit het so gebly deur my lewe. Na skool het ek Teologie studeer aan die Universiteit van Stellenbosch, oorsee gan werk en teruggekom om 'n loopbaan in die landbou te volg. Intussen het ek voortgegaan om musiek as stokperdjie te beoefen.

 

In 2002 is my oudste seun gebore en in 2005 my jongste. Dit het my lewe totaal verander! Ek het dit geniet om tyd met hulle te spandeer en slaaptydstories vir hulle te vertel. Ek het my eie seerowerstries opgemaak en hulle het elke oomblik daarvan geniet! Ek het toe besluit om die stories neer te skryf en so het ek my eerste kinderboek geskryf. Ek moes iemand kry om vir my die bypassende sketse te doen vir die boek. Die kwotasies wat ek ontvang het was onbekostigbaar duur, so toe koop ek vir my 'n "Beginner's Scetchbook" en begin oefen om gesigte, hande, voete ens. te teken. Twee maande later was al die sketse van die boek klaar! Gedurende hierdie tyd het ek op 'n stadium nuwe potlode gekort en na die plaaslike kunswinkel op Langebaan (waar ons toe woonagtig was) gegaan om dit te koop. Die dametjie wat daar werk het my genooi om 'n kunsklas by te woon wat aangebied is deur Jannie Jordaan. Die volgende week tydens hierdie les het ek my eerste olieverfskildery voltooi!

 

Ek het dit egter daar gelaat en nie verder geskilder nie. In 2009 het ons verhuis na Oudtshoorn in die Klein-Karoo. Ek is altyd gepla deur asma en in 2011 het ek 'n dokter in George besoek wat my aanbeveel het om weer te begin skilder, aangesien hy van mening was dat dit my sou genees van die asma.

 

Ek het daarna 'n kursus onder leiding van Dale Elliott bygewoon op Villiersdorp en Dale het 'n nuwe wereld in die kunste oopgemaak!

 

Sedertdien het ek heelwat skilderye en opdragwerke voltooi en deelgeneem aan 'n aantal uitstallings.

 

Ek geniet dit om met akriel en olie mediums te werk. Ek hou baie daarvan om Weskustonele, seetonele, landskappe, musiektonele, stillewes ens. te skilder. Ek skilder eintlik graag enige toneel wat vir my spesiaal is.

 

Ek nooi jou om saam met my die lewe deur my oe te ervaar!"