My hart is daar waar die taaibosse groei...waar blomme opspring en mooi ontbloei...As jy nog nooit in Namakwaland en die Weskus was nie, is hierdie toer 'n moet vir jou!
Met ons Weskus Kuiertoer besoek ons die Weskus en sy mense. Die fokus is op die kultuur (musiek en stories) van die mense, die heerlike streekskosse en die pragtige natuurskoon.
Ons gaan op ‘n onvergeetlike reis na ‘n tydvergete land waar jy jou skatkis vol kan maak met kosbare herinneringe... Ons gaan kamp teen die see, die streek verken, 4x4 ry (met so ‘n bietjie opleiding oor sandry) met die sandpaadjies langs...kort-om: ons gaan wegraak teen die Weskus vir so ‘n paar dae!
So, as jy hou van seesand tussen jou tone, ‘n briesie in jou hare, sit en staar in ‘n kampvuur met die geruis van die see in jou ore en kuier saam met nederige mense, is hierdie die toer vir jou!
Hierdie is werklik ‘n unieke ervaring en 'n juweel om na uit te sien!