Shopping Cart (0)

Jakkalsdraai is 'n klein Boeregemeenskap met lekker mense en waar daar baie interessante dinge gebeur. Soos op ander plattelandse plekkies is daar natuurlik nie 'n tekort aan humor nie en sorg dit vir vele lekker-lag-geselsies soos net ons volkie kan.

 

Daar is egter meer aan Jakkalsdraai se stories: uit elke storie kom daar ook 'n lewensles om te onthou en saam met jou te vat op jou pad en later aan te kou soos 'n lekker stukkie biltong...

 

Die stories is saamgevat in 'n boekie getiteld "Jakkalsdraai se Mense" en gaan ook binnekort op DVD verskyn.

 

Jakkalsdraai se Mense word ook as 'n produksie aan gehore gebring. Die gaste word getrakteer op humoristiese vertellings uit die boek, afgewissel met lekker musiek.