Plaaswinkel
Die
vrygekoop
grootvoel boeremusiekfees
Die Grootvoel Boeremusiekfees is 'n Tradisionele Boeremusiekfees en word jaarliks in September gehou op Oudtshoorn in die Klein-karoo. Sowat 8 orkeste van alle uithoeke van die land tree op tydens die fees en die gaste word getrakteer op musiek uit die boonste rakke.
Hier kan jy vastrap, settees en wals na hartelus - of sommer net die vernuf van die kunstenaars sit en bewonder. Die Fees reik ook uit na die plaaslike gemeenskap en tree tydens hierdie geleenthede by tehuise en oorde vir bejaardes en gestremdes op. Sodoende word die feestelike plesier ook aan diegene gebring wat nie die voorreg het om die hooffees te kan bywoon nie.
Die Grootvoel Boeremusiekfees is voorwaar 'n hoogtepunt op die Boeremusiek kalender en 'n moet vir elke liefhebber van Tradisionele Boeremusiek!