Die Boeretroos Boere-orkes het ontstaan tydens die "Staat van Nasionale inperking" van 2020. Die musikante het besluit om tydens hierdie inperking 'n eksperimentele opname m.b.v. hulle selfone en die internet te doen. Dit was 'n eerste en kan as baanbrekerswerk gesien word in die geskiedenis van Boeremusiek. Die musikante het elkeen sy instrument tuis opgeneem en via selfoon aan Brian Nieuwoudt gestuur wat op sy beurt weer die opnames op sy rekenaar gelaai en geredigeer het. Die resultaat was van 'n verbasend goeie gehalte en het uitgeloop op 'n volledige CD.
Die Boeretroos Boere-orkes bestaan uit:
Andre van Deventer Brakpan (kitaar & trekklavier)
Brian Nieuwoudt Oudtshoorn (Konsertina, Serfyntjie, Mondfluitjie, Banjo, Mandolien & Kitaar)
Daantjie Kotze Brackenfell (Konsertina & Kitaar)
Fritz Shoultz Van Rhynsdorp (Konsertina & Banjo)
Henning de Lange Sasolburg (Konsertina, Trekklavier & Bouzouki)