Plaaswinkel
Die
vrygekoop
Basjan (Brian Nieuwoudt)
Brian Nieuwoudt (alias Basjan) is 'n sanger, musikant, skilder, skrywer en landbouer van Namakwaland en die Weskus. Sy musiek weerspieel sy liefde vir sy wereld en sy mense en hy sing van plekke en gebeure wat hom na aan die hart le.
Hy bespeel ook verskeie instrumente o. a. konsertina, kitaar, banjo, mondfluitjie,
trekklavier, mandolien, vrotorreltjie, traporrel, klavier, basviool & baskitaar.
Hy speel ook graag egte Boeremusiek "soos hy van sy ma af kom" - sonder byderwetse fieterjasies. Sy musiek vind groot aanklank by 'n wye gehoor.
Brian is ook lief vir kuns en skilder onder sy voorname "George Sebastiaan". Hy
gebruik graag olieverf as medium en het al verskeie solo-uitstallings gedoen.
As skrywer het hy al twee boeke die lig laat sien nl. "Jakkalsdraai se Mense" en
'Swartsnor & Witbaard".
Brian is ook 'n toegewyde Christen en leier van die musiekbedieningsgroep "Vrygekoop". Lofprysing & aanbidding is sy passie en hy bedien graag oral waar hy gevra word. Hy het in 2017 'n CD met die titel "Vrygekoop" die lig laat sien. Hierdie album bevat nuwe, oorspronklike lofprysings & aanbiddingsliedere en is 'n moet vir enige Christelike musiekliefhebber.
Brian is ook baie lief vir die musiek van die 80's en is ook deel van die musiekduo "Toentertyd" wat die gewilde musiek (Afrikaans en Engels) van die 80's na gehore bring.
Brian het al verskeie CD's en DVD's die lig laat sien en die sukses hiervan wys sy aanvoeling as musikant om musiek en vermaak daar te stel wat gewild is onder 'n wye gehoor.
Brian het al verskeie toekennings gewen waaronder:
SABC 2 Geraas Musiektoekenning
Beste Boeremusiekalbum 2001
Hiert jou lekker ding
SABC 2 Geraas Musiektoekenning
Beste Boeremusiekalbum 2003
Basjan se Boerejol
Kyknet Ghoema
Beste Boeremusiekalbum 2019
Tuisgebak